Hard newsNews

Polisievoertuig betrokke in botsing

Volgens ooggetuies op die toneel het die voertuig, met twee SAPD-insittendes, met sy sirenes aan oor die kruising gery toe hy met die Corsa gebots het.

‘n Polisievoertuig het Woensdag net voor middagete met ‘n Corsa Chevrolet-bakkie by die Samora Machel- en Old Pretoria Road-kruising gebots.

Volgens ooggetuies op die toneel het die voertuig, met twee SAPD-insittendes, met sy sirenes aan oor die kruising gery toe hy met die Corsa gebots het. Dit is nog onbekend waarheen die polisiemanne op pad was. Die Corsa het twee keer gerol en weer op sy wiele te lande gekom.

Die bestuurder is met rugbeserings na Mediclinic Nelspruit geneem en die twee polisiemanne het gevolg. Volgens offisiere op die toneel kon hulle nog nie vasstel hoe die ongeluk ontstaan het nie, maar word die voorval wel ondersoek.

1 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button