Hard newsNews

Verstopte pyp lei tot ‘n groot stinkstorie

Nelspruit Post het self die woonstel in Stanleystraat in Sonheuwel gaan besoek. Die rioolwater het die meubels beskadig en die reuk was ondraaglik.

Toe me. Morine Cronjé Maandagoggend wakker word, kon sy nie voorsien in watter gemors haar dag sou ontaard nie. Sy het om 10:00 op haar bed gelê toe sy iets soos water wat drup in die badkamer hoor. Haar gestremde seun het haar geroep om te kom kyk, en wat sy in die badkamer aangetref het, was die begin van ‘n nagmerrie.

“Toe ek in die badkamer kom het die riool by die toilet uitgestroom,” vertel sy. Die rioolwater het tot in haar slaapkamer, kombuis en sitkamer geloop. Dit was te laat om die matras waarop die seun slaap te red.

Nelspruit Post het self die woonstel in Stanleystraat in Sonheuwel gaan besoek. Die rioolwater het die meubels beskadig en die reuk was ondraaglik.

IMG_5515 (Small)

Cronjé, haar seun en haar man woon saam in dié eenslaapkamer-woonstel. “Ek en my man is albei pensionarisse. Die bietjie wat ons in ons huis het is al wat ons op ons name het. Wat gaan ons nou doen?”

Sy vertel ook van ‘n pyp in hul tuin wat met gemors en boomwortels verstop is. Cronjé het dadelik vir Sembcorp Silulumanzi gekontak, maar teen 13:00 Maandag het hulle nog nie opgedaag nie. Drie spanne is eers later die dag uitgestuur. Volgens mnr. Richmond Jele, woordvoerder vir Sembcorp Silulumanzi, het hierdie situasie weens ‘n verstopte pyp ontstaan. “Bome wat naby rioolpype geplant word veroorsaak dat die pype makliker verstop word,” sê Jele.

IMG_5525 (Small)

Volgens hom moet die spesifieke boom verwyder word om te verhoed dat so iets weer gebeur. Die pyp is intussen skoongemaak en hulle het met ‘n maatskappy gereël om die woonstel skoon te maak. Volgens Jele kan die voorval nie aan Sembcorp gekoppel word nie. Hy voeg ook by dat die Cronjés teen hulle versekering kan eis.

IMG_5518 (Small)

“Ons wil help waar ons kan, maar ongelukkig moet ons die versekering by hierdie situasies betrek,” het Jele gesê. Die gesin is baie dankbaar dat hulle woonstel nou skoon is, maar wonder steeds wat hulle nou met hul meubels wat verniel is gaan maak en of daardie reuk ooit gaan verdwyn.

IMG_5521 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button