Hard newsNews

Gesin hoop rioolramp word nie herhaal nie

Sy hoop die probleem kan vinnig uitgesorteer word, voordat daar weer so 'n voorval plaasvind.

Nadat die Cronjés se huis verlede week amper met rioolwater oorstroom het, kan hulle nou darem weer rustig slaap.
Me. Morine Cronjé het verlede Maandag die skok van haar lewe gekry toe rioolwater by haar toilet uitgestroom het en meeste van haar meubels in Stanleystraat, Sonheuwel beskadig het.

Dié oorsaak was vermoedelik weens ‘n verstopte pyp. Bome wat naby dié pype geplant is veroorsaak dat die pype makliker verstop word. Sembcorp Silulumanzi het later die dag opgedaag en die probleem uitgesorteer en met ‘n maatskappy gereël om dié eenslaapkamer-woonstel waar Cronje, haar man en gestremde seun woon, skoon te maak. “Ek was verskriklik beïndruk met die skoonmaak van ons woonstel.”

Sy moes ongelukkig ‘n badkamerkassie weggooi en haar slaapkamermeubels het baie skade gelei, maar sy is net dankbaar dat dit nou verby is. “Dit was regtig die grootste skok van my lewe. Ek het nog nooit so iets gesien nie,” sê sy. Volgens Morine gaan dit  R10 000 kos om die boom te verwyder wat dié situasie veroorsaak het.

Sy hoop die probleem kan vinnig uitgesorteer word, voordat daar weer so ‘n voorval plaasvind. Vir nou los sy van haar meubels deur die dag in die son om droog te word en meen sy ook dat die rioolreuk nog in die huis hang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button