Hard newsNews

Man weer op die been na mamba-byt

Die slang was baie aggressief en moes ongelukkig van kant gemaak word omdat hy naby aan die huise op die plaas was.

MBOMBELA – Niks kon

mnr. Thomas Milanzi Saterdagoggend vir die byt van ‘n 2,5m swartmamba op ‘n plaas in die Sterkspruit-area waar hy werk, voorberei nie.

Die mamba het Milanzi (75) net bokant sy stewels gebyt, terwyl hy besig was om met die beeste te werk. Hy is ‘n voorman op die plaas waar daar met beeste en makadamiabome geboer word. Sy baas was darem nie te ver nie en Milanzi het dadelik hulp ontbied.

Die slang was baie aggressief en moes ongelukkig van kant gemaak word omdat hy naby aan die huise op die plaas was.

Milanzi se werkgewer het hom na Rob Ferreira Hospitaal gehaas waar hy die nodige behandeling ontvang het. Hy het dit net-net gemaak. Volgens die werkgewer was hy reeds besig om sy bewussyn te verloor toe die dokter hom gehelp het.

Hy het twee dae in die hospitaal spandeer en sterk nou by die huis aan. Nie net is die swartmamba een van die giftigste slange nie, maar ook een van die vinnigste reptiele in die land. Die gif tas die senuweestelsel aan, wat hom een van die gevaarlikste slange in Mpumalanga maak. Dit is ‘n wonderwerk dat Milanzi vandag nog lewe. Hy werk al ongeveer 16 jaar op dié plaas en is dankaar dat hy oorleef het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button