Hard newsNews

Spinnekopbyt val ‘n gat in kommissarisdirekteur se sy

Mnr. Bosseau Boshoff (40) kon nie droom dat die rooi kolletjie wat hy een oggend op sy sy gemerk het, hom 'n week later in die hospitaal sou laat opeindig nie.

Die kommissarisdirekteur van Padfietse van Suid-Afrika was onbewus dat dié kolletjie ‘n sakspinnekop-byt was en uiteindelik tot ‘n operasie sou ly.

IMG_5774

Boshoff het Saterdagoggend 22 November die merk gesien. “Dit moes op ons plaas gebeur het. Teen die Maandag het ek baie pyn gehad. Ek het die Woensdag ‘n afspraak by dr. Attie van Wyk van Lowveld Hospital gemaak en hy het die plekkie oopgesny om die bakterieë te dreineer.”

Die seer het al hoe groter geword en teen die Vrydag is Boshoff vir ‘n sonar gestuur. “Later die dag is ek vir ‘n operasie geskeduleer sodat hulle die gif kon dreineer om te verhoed dat dit na my bloedstroom versprei.”

Boshoff is Maandagmiddag ontslaan en sterk goed aan. “Dit is verseker die beste diens wat ek in ‘n lang tyd ontvang het. Die personeel en dokters was puik,” het hy gesê.

Hulle vermoed dat dit ‘n sak- of selfs ‘n vioolspinnekop kon wees.

Vinnige feite:

Die einste sakspinnekop (Small)

• Sakspinnekoppe behoort tot die Clubionidae-familie
• Hulle lyfies is tussen 16 millimeter en vier sentimeter lank
• Die sakspinnekop is valerig tot liggroen en is die algemeenste soort spinnekop wat in huise gevind word
• Hulle het opmerklike lang voorpote wat vorentoe wys
• Sakspinnekoppe skuil graag in gordyne, lakens en sagte materiaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button