Hard newsNews

R15 000 beloning vir gesteelde fiets

Die boosdoeners het probeer om een van die ander fietsryers wat wegry, met 'n panga te gooi.

MBOMBELA – ‘n Groep fietsryers se dag is Woensdagmiddag lelik bederf toe drie mans hulle op ‘n fietsryroete op die Kaapsehoop-pad met ‘n panga aangeval het. Volgens die operasionele bestuurder van Bossies Community Justice (BCJ), Jacques Meiring, het ‘n groep van 17 fietsryers om ongeveer 17:00 op die lughawepad gaan ry.

“Een van die fietsryers het geval en ‘n groep het agtergebly om hom te help,” sê hy. Drie fietsryers het vooruit gery toe drie mans met pangas uit die bosse gespring het. Volgens Meiring kon twee van die fietsryers gou genoeg wegkom, maar die derde ryer se selfoon en fiets ter waarde van ongeveer R100 000 is gesteel.

Die boosdoeners het probeer om een van die ander fietsryers wat wegry, met ‘n panga te gooi. Gelukkig is niemand ernstig beseer nie. BCJ, Hi-Tech en die polisie was gou op die toneel. Die fietsryer wou teen druktyd nie kommentaar lewer nie. ‘n Saak is by die polisie oopgemaak maar die verdagtes is nog soek. Meiring het versoek dat die gemeenskap hom met enige inligting kontak by 082-567-5212.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button