
WITRIVIER – ‘n Twee-en-twintig-jarige moordverdagte het vroeër vandag (Maandag) in Witrivier se Landdroshof verskyn op die moord op Dr. Rensia de Wet – ‘n geliefde perdevoedingsspesialis en internasionaal gerekende veearts.
Terwyl vriende styf teen mekaar gesit het om die verdagte vir die eerste keer in die oë te kyk, het die verdagte doodluiters agter die beskuldigingsbank ingeskuif.
Puik ondersoekwerk en flink optrede van beide die Mbombela en Witrivier SAPD het tot die suksesvolle arrestasie gelei.
De Wet se halfnaakte liggaam is verlede Dinsdag in haar huis op die Nottinghill Equestrian Estate buite Witrivier met verskeie steekwonde aan haar liggaam gekry.
Om meer te lees oor die gebeure in die hof, maak seker jy kry Laevelder more.
