Hard newsNews

Grafte lank reeds onversorg

Nelspruit Post het self die plek besoek en dit was skokkend om te sien hoe van die grafte lyk.

Die begraafplaas in Rocky Drift waar talle mense se geliefdes begrawe is, is so verwaarloos dat van die grafte nie meer sigbaar is nie.

‘n Inwoner, mnr. Erwin Deetlefs, wie se vrou ses jaar gelede daar begrawe is, kon nie sy oë glo toe hy weer op 12 Januarie haar graf gaan besoek het nie. Volgens Deetlefs lyk dié begrafplaas al vir jare so verwaarloos.
“Die gras is so lank dat ek nie meer my vrou se graf kan sien nie. Ek weet steeds nie wie die plek moet oppas nie,” het hy vertel.

Nelspruit Post het self die plek besoek en dit was skokkend om te sien hoe van die grafte lyk. Hoewel ‘n klein deel daarvan se gras gesny is, is die meerderheid toegegroei.

Volgens twee sekuriteitswagte het iemand Vrydag die gras kom sny, maar hulle weet nie wie dit was of hoekom die persoon slegs ‘n deel gesny het nie.
Die rommel is ook ‘n doring in die oog. Mnr. Joseph Ngala, woordvoerder vir Mbombela Munisipaliteit, het teen druktyd geen kommentaar gelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button