Hard newsNews

Oppasser se gestook in buurt ontstig inwoners

Die ou man wat daar woon het egter nie water nie en die munisipaliteit het ook opgehou om rommel te verwyder omdat die rekeninge jare laas betaal is.

Die aangewese oppasser van ‘n verlate huis maak naburige inwoners nou al ‘n geruime tyd die josie in. Inwoners van Onyxstraat in West Acres kla al maande lank oor dié situasie. Volgens George Martins wat twee huise verder woon, staan dié woning al vir vyf jaar leeg. Die eienaar het Ermelo toe getrek en die oppasser aangewys om na dit om te sien.

Die ou man wat daar woon het egter nie water nie en die munisipaliteit het ook opgehou om rommel te verwyder omdat die rekeninge jare laas betaal is. Volgens Martins het hy verlede week gesien dat die eienaar al R23 450 op sy waterrekening skuld. Hy en sy vrou, wat nie bedags werk nie en die meerderheid van die tyd by die huis is, is bekommerd oor hul gesondheid omdat die oppasser al sy rommel verbrand.

IMG_8684 (Small)

“Soms kan ‘n mens nie eens die huis sien nie, want dis so toe onder die rook,” vertel hy. Sy vrou het ook drie African Grey-papegaaie wat onder al die rook ly. Die Martins simpatiseer wel met die oppasser en vat soms vir hom kos en swartsakke omdat hulle weet hy kry swaar en leef in haglike omstandighede.

IMG_8689 (Small)

Nelspruit Post het self die huis besoek en gesien dat dit besig is om uitmekaar te val. Die swembad is vol rommel en die gras lyk asof dit maande laas gesny is. Nie net is dit ‘n oogseer vir inwoners nie, maar dit lok ook ongewenste karakters wat in die area rondhang.

IMG_8691 (Small)

Die oppasser het nie enige kontak-besonderhede van die eienaar nie en sê hy wil aan die einde van Februarie in die lokasie gaan woon.

IMG_8699 (Small)

Martins het vier ander inwoners genader en almal het ingestem om ‘n petisie te teken sodat die huis gesloop kan word. Hy meen ook hy het al talle kere die munispaliteit gekontak, maar volgens hom sê hulle dat hulle niks aan die situasie kan doen nie.
Teen druktyd het die munisipaliteit nie op navrae gereageer nie

.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button