
ROCKY DRIFT – `n Jong man het homself 03:00 vandag aan`n padaanwyingsbord langs die R40 opgehang. Volgens `n ooggetuie het die man `n tou by die petrolstasie oppad na Mbombela gekoop en vir die petroljoggies gese hy gaan homself daarmee hang.
Hulle wou nie die tou aan hom verkoop nie en hy het vir hulle gese dat hy net gegrap het. Hy het homself 30 minute later, aan die bord wat die pad na Witrivier aanwys, gaan ophang. Die petroljoggies het dadelik die polisie gebel en hulle was eerste op die toneel. Beamptes was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
