Hard newsNews

N4 eis nog ‘n lewe

Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

WATERVAL ONDER – Een persoon is dood en vyf is ernstig beseer toe ‘n bakkie vanoggend reg van voor met ‘n vragmotor op die N4 gebots het.

Volgens ‘n persoon op die toneel wat anoniem wou bly, het die bestuurder van die bakkie wat agt passasiers vervoer het, net voor sewe vanoggend vermoedelik aan die slaap geraak en reg voor die vragmotor beland.

Dié persoon het Dinsdagoggend aan Laevelder gesê dat die bestuurder opslag dood is. Hy het vermoedelik sy nek gebreek.  Drie persone het ligte beserings opgedoen. Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

You might also be interested in:

Accident on N4 leaves six dead

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button