Hard newsNews

Brand ontwrig so byna Interlaeratletiek

Vir sommiges is Vrydag se interlaeratletiekbyeenkoms by Hoërskool Bergvlam wreed onderbeek toe 'n gedeelte van Nelspruit Krieketklub by die Fanie van Niekerk Ovaal in vlamme uitgebreek het.

Vir sommiges is Vrydag se interlaeratletiekbyeenkoms by Hoërskool Bergvlam wreed onderbeek toe ‘n gedeelte van Nelspruit Krieketklub by die Fanie van Niekerk Ovaal in vlamme uitgebreek het. Die klub gebruik die skoolgrond as hul tuisveld en die badkamer het aan die brand geraak.
Atlete en toeskouers wat die geleentheid bygewoon het, kon nie help om te brand van nuuskierigheid toe beamptes begin skarrel en met brandblussers in die rigting van die krieketvelde begin hardloop, in ‘n poging om te red wat te redde is nie.
“Vandat ek die oproep ontvang het, was dit ongeveer 10 minute voordat noodpersoneel op die toneel opgedaag het. Ek is baie beïndruk daarmee en ook hoe vinnig lede van die publiek gereageer het om hulp te verleen,” het mnr. Jacques Krüger, Bergvlam se adjunkhoof op die toneel vertel.
Volgens die brandweer se verslag, vermoed hulle geen vuilspel in die ontstaan van die brand nie. Die deel wat in die slag gebly het, is meestal as stoorplek gebruik. Seile om die kolfblad mee te bedek, is onder meer ook verwoes Dit sal duisende rande kos om te vervang.
“Ek is net bly die brand kon in die kiem gesmoor word voordat dit van die badkamer af verder in die gebou in versprei het,” het Krüger bygevoeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button