Hard newsNewsUpdate

Induna Adventures-eienaar se vrou sterf ná gru-ongeluk

Me. Christelle Lubbe (30) is gistermiddag dood nadat die egpaar Sondagmiddag in 'n gru-ongeluk op die N4 tussen Belfast en Middelburg was.

HAZYVIEW – Mnr. Jaco Lubbe (36), die eienaar van Induna Adventures, moes gister vir die tweede keer in vyf jaar ‘n eggenoot aan die dood afstaan.

Me. Christelle Lubbe (30) is gistermiddag dood nadat die egpaar Sondagmiddag in ‘n gru-ongeluk op die N4 tussen Belfast en Middelburg was. Verskeie boodskappe van medelye en huldeblyke is reeds op mnr. Lubbe se Facebook-blad geplaas.

Hulle 16-maande oue seuntjie, Janu, was ook in die motor, maar is ongedeerd.

Laevelder se susterkoerant, Middelburg Observer het berig dat mnr. Lubbe, wat ernstige beserings aan sy nek opgedoen het, kort-kort met sy bed by haar in die intensiewe eenheid ingestoot is om haar hand vas te hou. Lees die berig hier.

Die familie is gister omstreeks 16:00 na Life MidMed Hospitaal in Middelburg ontbied omdat me. Lubbe se toestand versleg het. Sy is dood terwyl hulle langs haar bed vir haar gebid het.

Die egpaar was na wat verneem word, op pad terug van ‘n troue in Pretoria toe die ongeluk gebeur het.

Lubbe se eerste vrou, Ciska, is in Januarie 2010 sowat drie weke na die geboorte van hul tweede seuntjie oorlede. Siska was die dogter van dr. Leon en me. Riëtte Connoway.

Lees Laevelder se berig oor die ongeluk

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button