Hard newsNews

Nog geen arrestasies na Houtboshoek aanval

Volgens kapt. Pieter Smit van die polisie op Ngodwana het hulle egter "baie goeie leidrade" ontvang en hulle hoop om binnekort die verdagtes vas te trek.

NGODWANA – Daar is nog geen arrestasies gemaak na die aanval op ‘n bejaarde egpaar van Houtboshoek verlede week nie. Volgens kapt. Pieter Smit van die polisie op Ngodwana het hulle egter “baie goeie leidrade” ontvang en hulle hoop om binnekort die verdagtes vas te trek.

Mnr. Jackie Makler (83) en me. Margie Makler (72) is verlede Woensdag om 19:00 op hulle plaas deur drie gewapende mans oorval en in die badkamer toegesluit. Die verdagtes het daarna die huis omgekeer en het om ongeveer 23:00 met mnr. Makler se vuurwapens wat in die kluis was, elektroniese toestelle en die egpaar se grys Nissan X-Trail op die vlug geslaan.

Die Maklers het die hele aand op die koue badkamer vloer gelê en om hulp geroep. Een van hulle werkers het hulle die volgende oggend om 07:00 ontdek. As enige iemand die egpaar se grys Nissan X-Trail met registrasienommer FMT309MP opmerk, moet hulle Smit by 082-448-9180 skakel.

Lees vorige artikel hier: Bejaardes lê ure op koue vloer na aanval.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button