Hard newsNews

Londolozi Lodge werknemer vas na diefstal

Veldwagters het later op die werkgewer afgekom en dadelik die polisie geskakel.

MBOMBELA – `n Werknemer van Londolozi Lodge is Sondagoggend gearresteer nadat hy ‘n groot bedrag geld en sy werkgewer se Land Rover Discovery gesteel het.

Volgens kol. Leonard Hlati, provinsiale woordvoerder van die SAPD, het die man gisteraand sy werkgewer met ‘n pistool gedreig en daarop aangedring het dat hy ‘n pin kode aan hom gee. Hy het egter geweier en die man het hom ontvoer en in die bos gelos. Die werkgewer het toegegee en sy besonderhede aan die man bekend gemaak. Die werknemer het daarna ‘n groot bedrag geld na sy rekening oorgeplaas en op die vlug geslaan.

Veldwagters het later op die werkgewer afgekom en dadelik die polisie geskakel. Dansky die opsporingstoestel in die voertuig kon hulle die man vanoggend naby die Volvo-handelaar arresteer. Dit is nog nie bekend hoeveel geld hy oorgeplaas het nie. Hy word aangehou en sal Dinsdag in die hof verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button