Hard newsNews

Situasie in dié straat vererger

Die verlate huis op die hoek het nou twee nuwe inwoners gekry wat volgens mnr. George Martins, ook 'n inwoner in die straat, moeilikheid maak.

Die situasie in Onyxstraat is besig om te vererger en inwoners begin nou vir hulle veiligheid vrees. Die verlate huis op die hoek het nou twee nuwe inwoners gekry wat volgens mnr. George Martins, ook ‘n inwoner in die straat, moeilikheid maak.

Nelspruit Post berig gereeld oor dié verlate huis wat al meer as vyf jaar leeg staan. Daar is net ‘n oppasser wat in ‘n deel van die huis bly. Volgens Martins het hy verlede Woensdagaand ‘n geskreeu en baklei gehoor. Hy het dadelik vir Hi-Tech Sekuriteit ontbied.

Hi-Tech het ondersoek ingestel en vasgestel dat daar nou nóg twee mense saam met die oppasser bly. Hy het blykbaar die motorhuis en ‘n oop vertrek skoongemaak sodat die ander mense daar kon intrek.
“Daar was blykbaar twee ander mans dié aand wat een van die mans wou beroof. Dis toe wat ‘n bakleiery uitgebreek het,” het Martins vertel.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Hulle voel nou onveilig en voel die huis lok ongewensde karakters na die straat toe.

In ‘n vorige berig het mnr. Joseph Ngala, woordvoerder vir Mbombela, verseker dat die saak ondersoek sou word en dat daar vordering gemaak is, maar volgens inwoners het daar nog niks van die munispaliteit se kant af gebeur nie. Volgens Martins sukkel hulle nou al amper vir ‘n jaar met rook wat in hulle huis intrek wanneer die oppasser sy rommel brand.

Alhoewel hulle vir hom swartsakke en kos vat, brand hy steeds als. Inwoners wil ‘n petisie teken om die huis af te breek, maar tot dusver kon hulle nog niks by die munisipaliteit regkry nie. Nelspruit Post het Ngala vir kommentaar gevra, maar teen druktyd is niks ontvang nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button