
MBOMBELA – ‘n Man is ongeveer 14:00 agter Debonairs by Crossing gearresteer nadat sewe sakkies heroïne in sy besit gevind is.
Volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice (BCJ) het ‘n ooggetuie hom net voor 14:00 gekontak toe hy iets verdag opgemerk het. “Die man het in sy voertuig gesit en wit poeier in sakkies verpak,” het Meiring gesê.
Hulle en die honde-eenheid van Witrivier het spoedig gereageer en die man is op die toneel gearresteer. Hulle vermoed ook dat die verdagte self dwelms gebruik.
Die man sal Maandag in die hof verskyn.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
