
MBOMBELA – ‘n Bestuurder van ‘n minibus is gisteroggend skuins na 08:00 met ‘n ernstige kopwond na Rob Ferreira Hospitaal gehaas, nadat hy voor ‘n vragmotor op Madibarylaan net duskant Food Lover’s Market beland het.
Volgens konst. Timothy Ngomane wat op die toneel was, het insittendes van die voertuig aan hom verduidelik dat die bestuurder van dié minibus skielik uit die voertuig gespring het toe hy ‘n wit motor gesien het wat besig was om langs die pad te brand.
Ngomane het aan die koerant vertel dat die minibus, met drie insittendes, besig was om agteruit te loop toe ‘n vragmotor die bestuurder tref wat op dié stadium reeds buite die voertuig was.
Vir die volledige artikel, klik hier
