Hard newsNews

Man sterf toe trok onwettig U-draai maak

'n Man is gisteraand opslag dood toe hy met 'n trok gebots het op die N4 naby die Nelsville verbypad.

MBOMBELA – ‘n Man is gisteraand op slag dood toe hy met ‘n trok gebots het op die N4 naby die Nelsville verbypad.

Volgens mnr. Greg Fouché van die Mbombela Brandweer het die bestuurder van die vragmotor onwettig ‘n U-draai gemaak toe die ongeluk gebeur het.

Mnr. Willem Swart, van Van Wettens- insleepdienste het bevestig dat die pad vir bykans drie uur gesluit was. Dit was volgens Swart die derde ongeluk wat op dié pad plaasgevind het as gevolg van voertuie wat onwettig U-draaie maak.

Volgens beide Swart en Fouché was die bestuurder van die vragmotor erg getraumatiseerd. Hy is egter ongedeerd.

Laevelder het verder verneem dat die polisie eers ‘n uur en ‘n half na die ongeluk op die toneel opgedaag het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button