Hard newsNews

Meer as 30 SANParke vuurwapens in Krugerwildtuin gekonfiskeer

Geen kommentaar is na 'n week van die polisie ontvang nie.

MBOMBELA – SANParke en die polisie swyg oor die meer as 30 vuurwapens wat glo in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gekonfiskeer is omdat dit glo ongelisensieerd is.
Die voorval is ‘n week en ‘n half gelede onder Laevelder se aandag gebring.

Die spul vuurwapens is na bewering deur polisielede van elders, wat tans in die Nasionale Krugerwildtuin werk, gekonfiskeer. Die lede, wat gewoonlik in Pretoria en ander dorpe gestasioneer is, is tans in die NKW waar hulle renosterstropery beveg as deel van Operation Rhino.

SANParke se woordvoerder, mnr. William Mabasa, het die voorval nie ontken nie, maar gesê dat hy nie daarop kon kommentaar lewer nie, aangesien die polisie in beheer was van die situasie. Provinsiale woordvoerder brig. Selvy Mohlala het die koerant na brig. Vinesh Naidoo verwys, omdat die saak met die polisie se teenstropingseenheid te doen gehad het.

Naidoo het teen druktyd nog nie op die koerant se navrae gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button