Hard newsNews

Operasie kan hom laat loop

Teen druktyd kon hy slegs sestien tree, met ondersteuning, gee.

MARLOTHPARK – Bennie Stander, die 41-jarige wat op 31 Januarie in Die Watergat Restaurant se swembad se bodem vasgeduik het, lê steeds in Rob Ferreira Hospitaal.

Hoewel daar aanvanklik gehoop is dat die tydlike verlamming slegs spinale skok was, is daar na ‘n skandering bevind dat ‘n beentjie tussen werwels twee en drie in die werwelbuis steek.

Daar is besluit dat Stander Woensdag geopereer word om die beentjie te verwyder. Dié operasie sal hopelik sy huidige 30-persentkans om weer normaal te kan loop, na 100 persent verbeter. Teen druktyd kon hy slegs sestien tree, met ondersteuning, gee.

Die familie getuig dat hulle baie tevrede is met die behandeling wat hy tot dusver van die verpleeg personeel en neurochirurg ontvang het.

Corridor Gazette sal meer inligting deurgee sodra dit beskikbaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button