Hard newsNews

Man sterf grusame dood toe krokodil hom gryp

Hulle maan inowners om enige gebruik van nette by die polisie aan te meld.

KOMATIPOORT – ‘n Vyf-en-dertigjarige man is Saterdagoggend deur ‘n krokodil in die Nkomazirivier verskeur.

Dié man, wat saam met twee ander in dié rivier water gaan skep het, is in die proses deur die gedierte gegryp en onder die water ingesleep.

Volgens kapt. Pottie Potgieter van die polisie se duikeenheid in Witrivier, het die mans die rivier, wat deur die Nasionale Krugerwildtuin loop, onwettig deur die Kambako Gholfbaan bereik. Hy voeg by dat die water dikwels vir medisinale doeleindes gebruik word, en onder inwoners as “heilige water” bekendstaan.

Die krokodil het het die man glo gegryp toe hy hurk om sy gesig met dié water af te spoel. Potgieter en sy span is na die toneel ontbied. Hulle is vergesel deur gewapende veldwagters van die wildtuin wat deurentyd op die uitkyk was vir moontlike aanvalle deur leeus of ander diere.

“Die feit dat dit in die wildtuin is, laat jou telkens oor jou skouer loer vir wilde diere, maar darem was die veldwagter daar om ons op te pas,” sê kapt. Joey Potgieter.

Die groot hoeveelheid krokodille maak dit tans onmoontlik vir die span om die water aan te durf om die slagoffer se lyk te herwin. Daar is ook moontlik niks meer van die liggaam oor nie.

Op dieselfde dag naby Tonga het die duikeenheid die lyk van ‘n agtjarige seuntjie omstreeks 18:30 herwin. Die seun het glo 14:00 saam met vriende gaan swem, toe hy onder die water verdwyn het. Sy maats het probeer om hom te help, maar dit was vergeefs. Sy liggaam is op die bodem van die Komatirivier gekry.

“Die gemeenskap en die plaaslike polisie het oral ‘n hand bygesit om ons te help waar hulle kon,” sê hulle.

“Dit word verwelkom na ‘n lang dag soos dié.”

Ongeveer sewe visnette is Dinsdag in Driekoppiesdam deur die duikeenheid verwyder. Dit is volgens die Potgieters besig om ‘n reusprobleem in die Laeveld se damme te word. Nie net word dit soms onbewaak gelaat nie, maar die gebruik daarvan veroorsaak oorbenutting. “Mense is besig om die visse uit te wis,” voeg hulle by.

“‘n Gooinet kan tot 20 visse op ‘n slag vang. Vissermanne, wat deur middel van visstokke kos op die tafel moet probeer kry, is al moedeloos en ondersteun die polisie in soortgelyke sake.”

Hoewel die duikeenheid soms weekliks gooinette verwyder, bly dit steeds ‘n wesentlike probleem. “Ons vestig ons aandag gereeld op dieselfde damme, waar talle nette weer uitgehaal moet word.”

Hulle maan inowners om enige gebruik van nette by die polisie aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button