Hard newsNews

Annatjie Myburgh: uitslae van nadoodse ondersoek nog nié beskikbaar

Sy het 'n hartstilstand ondervind, wat nie noodwendig dieselfde as 'n hartaanval is nie

WITRIVIER – Daar is nog uitslae van die nadoodse ondersoek op me. Annatjie Myburgh (58), uitstaande.

Maroela Media het vroeër vandag berig dat sy wel aan ‘n hartaanval dood is en dat Myburgh se familie “die uitslae van die nadoodse ondersoek bevestig het”.

Laevelder het reeds Sondag berig dat sy aan vermoedelik ‘n hartaanval dood is.

Lees ook: Opvolg: Annatjie Myburgh se lyk gekry

Volgens Maroela Media het die Myburghs se familiewoordvoerder mnr. Bruce Macaulay, gesê dat die uitslag van die ondersoek op ‘n hartaanval dui.

Hy ontken dit. “Ek is verkeerd aangehaal. Ek het aan die joernalis gesê dat ons in Laevelder verneem het dat sy aan vermoedelik ‘n hartaanval dood is. Sover ons weet is hierdie uitslae nog nie beskikbaar nie.”

Lees ook: Exclusive: Missing Annatjie Myburgh’s husband talks about ordeal

Laevelder het dit by ‘n onafhanklike bron bevestig. “Sy het ‘n hartstilstand ondervind, wat nie noodwendig dieselfde as ‘n hartaanval is nie. Die uitslae oor wat dié stilstand veroorsaak het, is nog nie beskikbaar nie.”

Myburgh se roudiens is Saterdag om 11:00 vanuit die NG-gemeente op Witrivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button