
UITKYK – Vier gewapende mans wat hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het, het vroeër vandag ‘n huis in die Renosterkop-area beroof.
Die verdagtes, wat volgens ‘n Facebook-inskrywing van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit in ‘n swart Audi sonder ‘n registrasienommer by die huis opgedaag het, het die tuinier en huishulp in die huis ingeboender en vasgebind.
Die kluis is na bewering met ‘n hoekslyper oopgesny en twee vuurwapens is gebuit. Hulle het met die Audi gevlug en word nog gesoek.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Meer inligting sal verskaf word sodra dit beskikbaar is.
Lees ook: Update: Murder added to charge in Annatjie Myburgh case
Drones to assist in the fight against crime
