Hard newsNews

Vrou wat by Innibos inmekaargesak het, leef

EMS se Kobie Dreyer het gerugte dat 'n vrou gesterf het, skerp veroordeel.

MBOMBELA – Die vrou wat gisteraand voor die Innibos hoofverhoog inmekaargesak het, kon ure na die voorval reeds ‘n samehangende gesprek voer.  Gerugte dat sy gesterf het, is sopas deur Mpumalanga Emergency Medical Services (EMS) se me. Kobie Dreyer as onwaar afgemaak.

“Eerlikwaar, ek weet nie waaraan julle daaraan kom nie,” het sy by navrae aan Laevelder gesê.

Laevelder het vroeër berig dat ‘n vrou tydens Innibos se Jacaranda 94.2 konsert inmekaargesak het en na die staatshospitaal gehaas is.  Gerugte dat sy gesterf het, het op sosiale mediawebwerwe die rondte gedoen.  Dieselfde weergawe van gebeure is deur  meer as een bron aan Laevelder voorgehou.

Lees ‘n ooggetuie se weergawe van die gebeure hier.

 

Die vrou het glo omstreeks 19:40 gekla van ‘n pyn op die bors voordat sy inmekaargesak het.  Sy is na die EMS paramedici toe vervoer, waar dit volgens ooggetuies gelyk het asof mond-tot-mond asemhaling en hartmassering op haar uitgevoer is.

Dreyer het gesê dat hierdie aksies dalk die verwarring by die publiek kon aanwakker: “Wanneer ons iemand resuscitate, beteken dit nie dat die pasiënt dood is nie.  CPR word om baie redes gedoen. ” Sy het die maak van afleidings vanuit so ‘n toneel sterk veroordeel.

“Nadat ons die stories gehoor het van die pasiënt se kwansuise dood, het ons haar in die hospitaal gaan besoek.  Sy was lewendig en ons kon selfs met haar gesels,” het Dreyer gesê.

“Niemand is tydens Innibos dood nie,” het sy weereens beklemtoon.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button