Hard newsNews

Vermisde kind se lyk gevind

Beendere en 'n kledingstuk wat vermoedelik aan Kgoedi behoort, is Maandag gevind.

SABIE – ‘n Lyk wat langs die R536 op pad na Hazyview gevind is, is vermoedelik dié van die sewejarige gestremde seun, Collins Kgoedi van die informele nedersetting Harmony Hill, wat in April vanjaar vermis geraak het. Hy het glo kort na sy ma se dood, terwyl die kerk ‘n besoek aan sy familie afgelê het, spoorloos verdwyn.

Talle lede van die gemeenskap het vir dae onverpoosd na Kgoedi gesoek, maar dit het geen vrugte afgewerp nie. Laevelder is in kennis gestel dat die seun glo nie kon praat nie, wat die soektog verder bemoeilik het.

Die soeke na hom is afgeskaal en volgens sers. Gerald Sedibe, is beendere en ‘n kledingstuk wat vermoedelik aan Kgoedi behoort, Maandag op die toneel gevind. Hy het bevestig dat die liggaam langs die R536 tussen Sabie en Hazyview, tydens ‘n beheerde brand deur kontrakteurs wat die pad in stand hou, gekry is.

“Hoewel ons is ‘n sterk vermoede het dat dit wel die liggaam van die vermiste Kgoedi is, moet DNS-toetse eers gedoen word voordat ons dit kan bevestig,” het Sedibe gesê.

Hy vra dat enigiemand met inligting vir konst. Mpholoshi Molobela by 071-685-1211 kan skakel.

Presies hóé Kgoedi vermis geraak het, en of daar enige misdryf ter sprake was, is steeds onbekend. Volgens sers. Leon Harrington van die polisie se honde-eenheid op Middelburg, het daar talle bespiegelinge die ronde gedoen.

“Sommiges vermoed hy is ontvoer, en ander glo hy het moontlik van die huis af weggehardloop,” het Harrington kort nadat hy as vermis aangemeld is, aan Laevelder vertel. Sedibe voeg by dat die saak steeds ondersoek word.

Gestremde seun (7) vermis in Sabie

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button