Hard newsNews

Huldeblyke stroom in vir slagoffers van vliegongeluk

Familie en vriende van twee Onderbergers is in rou gedompel na 'n vliegtuigongeluk tussen Machadodorp en Carolina Saterdagmiddag hul lewens geëis het.

MALALANE –  Mnr. Herklaas Smit (39) en me. Candice Delport (27), asook hul vriend, mnr. Ernst Labuschagne, is dood toe die ligte vliegtuig waarin hul gereis het kort na hul vertrek neergestort het.

SA Burgerlugvaart is besig met ‘n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk.

‘n Brand het na bewering onstaan en, volgens brig. Leonard Hlathi van die SAPD, is twee van die lyke onherkenbaar en een gedeeltelik verbrand.

Herklaas en Candice was bekend onder Onderbergers en talle huldeblyke en boodskappe is op Facebook gepos nadat die nuus van hul dood bekend gemaak is.

Herklaas was ‘n vlieënier en het sy eie besigheid besit. Hy word oorleef deur sy vrou, Anel, en drie dogters.

Herklaas Smit
Herklaas Smit

Sy ouers, Retha en Hentie Smit, bly in Marlothpark en Retha het vertel dat haar seun ‘n vriendelike, liefdevolle familieman met ‘n voorliefde vir die buitelewe was.

Herklaas het al vir sowat vyf jaar gevlieg en die familie glo dat die uitstappie ‘n besigtigingstoer van die omgewing was.

Candice en haar man, mnr. Manna Delport was volgens haar ma, me. Glynnis Coetsee, uitmekaar en Candice het ‘n verhouding met Herklaas gehad. Sy laat ook haar driejarige dogtertjie agter.

Candice en Leoné Delport.
Candice en Leoné Delport.

“Ek het my kind geken en geweet wie sy was. I’m numb now,” het Glynnis gesê in reaksie op negatiewe beriggewing in ander publikasies oor die twee se verhouding.

Ook Candice se Facebook-muur was vol foto’s en boodskappe van mense wat sy oor die jare aangeraak het. Sy was ‘n hip-hop-dansinstrukteur, het by Toddle Tots Kleuterskool in Komatipoort skoolgehou en onlangs by die personeel van Riverview Preparatory School aangesluit.

Manna het ‘n roerende ope brief aan Candice geskryf: “Words cannot describe the feelings. You are and always will be the love of my life.You’re a mother to the most beautiful daughter and you’ve given me the greatest joy in life. She will forever remember her mother and I’ll tell her daily how fantastic you were. I’ll raise our child to the best of my ability, but I’ll never be able to fill your shoes. I will forever be proud to call you my wife.”

Herklaas se gedenkdiens is vandag (Donderdag) om 11:00 by die NG Kerk Komatipoort en Candice s’n Vrydag om 15:00 by Gateway Gemeenskapskerk in Komatipoort.

Labuschagne, die derde slagoffer, was die bestuurder van Komati Gorge Lodge en laat sy vrou, Amanda, en twee kinders, agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button