Hard newsNews

30 jaar agter tralies vir Onderberg Ninjas

"Die gemeenskap het genoeg gehad." - Landdros mnr. André Geldenhuys.

MBOMBELA – Tronkstraf van 30 jaar is vandeesweek vir twee van die vier sogenaamde Onderberg Ninjas opgelê. Die ander twee gewelddadige rowers is vir 21 jaar tronk toe gestuur.

Die vier mans wat inwoners van die Komatipoort- en Malalane-omgewing in 2011 geterroriseer het, is Woensdag in die Nelspruit Streekshof gevonnis nadat hulle verlede week aan verskeie klagtes skuldig bevind is.

Landdros mnr. André Geldenhuys het al vier ‘n bykomende drie maande gevangenisstraf opgelê omdat hulle onwettige immigrante was.
Moses Silinda, Sam Chauke en Venas Gavane is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede en menseroof nadat hulle mnr. Micheal Mahlalela op 5 November ontvoer en aangerand het.

Hulle het me. Christina Henrington en mnr. Richard Coetzee se samoerai-swaarde gesteel sowel as verskeie besittings van
mnr. JR Mulder.

Pieto Gwambe is skuldig bevind op ‘n mindere klag van diefstal. Gwambe, Chauke en Gavane is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en meer as honderd .38-patrone nadat hulle mnr. Gabriël Petrus en
me. Beatrix Strydom op 23 November beroof en aangerand het. Beide is met ‘n piksteel aangerand. Gabriël is met ‘n samoerai-swaard op sy kop gekap en ‘n sak is oor Beatrix se kop getrek.

Chauke en Gavane is elk 30 jaar en drie maande opgelê en Silinda en Gwambe is elk tot 21 jaar en drie maande gevonnis.

Geldenhuys het Woensdag gesê dat hy die Strydoms as wetgsgehoorsame burgers beskou het wat in die privaatheid van hul woning oorval en verneder is deur Mosambiekers wie se teenwoordigheid in Suid-Afrika in die eerste plek onwettig was. Hy het beklemtoon dat die voorvalle vir beide Strydoms en Mahlalela uiters traumaties was en dat geeneen van die vier beskuldigdes enige berou getoon het nie.

“Julle het die hof probeer mislei,” het hy te sê gehad oor die Ninjas se weergawe van gebeure – hulle het tot op die einde hul onskuld probeer handhaaf deur slegs op ‘n klag van onwettige vertoef in die Republiek van Suid-Afrika, skuldig te pleit.

Geldenhuys het gesê dat dit gevaarlik sou wees om die vier in die gemeenskap los te laat: “Die feit dat die beskuldigdes van vryheid ontneem word, sal die mense teen hulle beskerm en die beskuldigdes help rehabiliteer,” het hy gesê. “Die gemeenskap het genoeg gehad,” het Geldenhuys gesê.

Lees ook: When will the Mpumalanga High Court be ready?

Lees ook: Onderberg Ninjas skuldig bevind

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button