Local newsLocal sportNewsSport

Skuts sê mekaar die stryd aan

Skietdag lewer puik prestasies afgesien van gure weer

Die onlangse S.A Jagters skietdag het verskeie topprestasies opgelewer ten spyte van gure weer en stywe kompetisie. Die wind het verskeie kere die teikens omgewaai, maar skuts het hul egter nie daardeur laat onderkry nie en steeds daarin geslaag om baie goeie tellings te skiet.

Volgens Johan Grimbeek, skietkoordineerder van die SA Jagtersvereniging se Bosboktak, het skuts tot op die einde geveg om hulle posisies te verbeter.

Wenners vir die dag, rooibok en ghong gekombineer, was soos volg:

Algehele wenners

1. Johan Grimbeek – 95%

2. Loffie van Emmenis – 93%

3. Rudie Stickling – 87%

Die vroue-afdeling is deur Lizl Grimbeek met 82,2% gewen (algeheel 6de).

Rooibok-tabel

Rudie Stickling 43/45Johan Grimbeek 41/45Loffie v Emmenis 39/45

Ghong-tabel

Johan Grimbeek het vyf uit vyf ghonge van 75 to 300 meter in 26 sekondes geskiet, Loffie van Emmenis 5/5 in 31 sekondes en Dirk Wortel 5/5 in 48 sekondes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button