EntertainmentLifestyleLocal newsNews

ATKV soek nuwe Afrikaanse musiek legende

LYDENBURG – Die ATKV nooi amateurliedjieskrywers van alle ouderdomme om deel te neem aan ATKV-CrescendoKreatief. Hierdie kursus word alreeds meer as twintig jaar aangebied en groot name soos Babette Viljoen, Stephan Visagie en Christiaan Kritzinger, onder andere, het al aan die kompetisie deelgeneem. Amateurliedjieskrywers kan hul nuutgeskrewe werke opneem op ’n CD en aan die …

LYDENBURG – Die ATKV nooi amateurliedjieskrywers van alle ouderdomme om deel te neem aan ATKV-CrescendoKreatief.

Hierdie kursus word alreeds meer as twintig jaar aangebied en groot name soos Babette Viljoen, Stephan Visagie en Christiaan Kritzinger, onder andere, het al aan die kompetisie deelgeneem.

Amateurliedjieskrywers kan hul nuutgeskrewe werke opneem op ’n CD en aan die ATKV stuur.

Hulle het vanjaar vrye teuels aangesien daar geen tema daaraan gekoppel is nie. Teen die einde van Oktober word die inskrywings beoordeel deur ’n beoordelaarspaneel onder leiding van Lize Beekman.

Die wenner word dan genooi om deel te neem aan ’n ligteliedjiewerkskool by ATKV-Goudini Spa naby Worcester in die Kaap.

Hierdie weeklange werkskool, van 1 tot 6 Desember, is ’n allesomvattende praktiese kursus waartydens die skryf van musiek en lirieke ontwikkel en geslyp word.

Vanjaar se aanbieders is Lize Beekman, Jaconell Mouton, Douw Steyn en ‘n wye rits bekendes vanuit die Afrikaanse musiekbedryf wat ook as gassprekers gaan optree.

Aan die einde word die wenliedjie gekies uit die liedjies van die werkskooldeelnemers. Vir navrae en inskrywings besoek, www.atkvprojekte.co.za onder die tema, CrescendoKreatief of skakel Morne van Staden op 011-919-9091.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Oktober 2013.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button