Local newsNewsSchool sportSport

Malelane se o/11’sgee Skukuza pak slae

Skukuza se o/11-krieketspan is Dinsdag deur Laerskool Malelane met nege paaltjies geklop.

Skukuza se o/11-krieketspan is Dinsdag deur Laerskool Malelane met nege paaltjies geklop.

Dit was ‘n spanningsvolle wedstryd, maar die Lanies het uiteindelik met ‘n eindtelling van 49/10 en 50 vir een paaltjies geseëvier.

Daar was goeie kolf- en boulwerk aan albei spanne se kant, maar Lanies se Franco van Rooyen en Jean Janse van Vuuren het Skukuza se kolwers laat stilstaan en is een na die ander van die veld afgestuur.

Volgende Dinsdag gaan die o/11-span hulself weer op die kolfblad bevind met

die volgende kragmeting wat om 13:00 begin, maar die teenstanders is nog nie gefinaliseer nie.

Hou Corridor Gazette se Facebook- en Twitter-blad vir meer inligting dop.

Volgens die afrigter is die o/11’s steeds onoorwonne en staan hulle ‘n goeie kans om saam met die eerste span vir die Mpumalanga-toernooireeks te kwalifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button