Local newsLocal sportNewsSport

KARATE LEOPARDS

LYDENBURG – Tien karatikas se verwagtinge is by verre oortref toe hulle ‘n totaal van 12 medaljes tydens die WUKA (World United Karate Association) Suid-Afrikaanse Kampioenskappe ingepalm het. Wat hierdie ‘n besonderse prestasie maak, is die feit dat dit die heel eerste S.A Kampioenskappe was waaraan hulle deelgeneem het. “Ek is so trots op hierdie …

LYDENBURG – Tien karatikas se verwagtinge is by verre oortref toe hulle ‘n totaal van 12 medaljes tydens die WUKA (World United Karate Association) Suid-Afrikaanse Kampioenskappe ingepalm het. Wat hierdie ‘n besonderse prestasie maak, is die feit dat dit die heel eerste S.A Kampioenskappe was waaraan hulle deelgeneem het. “Ek is so trots op hierdie kinders, hulle het regtig uitgeblink,” vertel ‘n trotse Sensei Malissa van der Mescht wat aan stuur van sake by die Mpumalanga Leopards Karate Institution is. Sy doen al vir 21 jaar karate en is ‘n derde dan (San Dan). Van der Mescht en die res van haar span het almal tydens die kampioenskappe hul plek in die Springbokspan verower en hoor eersdaags waarheen hulle sal vertrek. Volgens haar is daar nog groot drome in die pyplyn vir dié klub en sy streef daarna om volgende jaar uit te brei na skole in Mashishing asook om klasse vir mishandelde vroue aan te bied. Die klub bedank graag Twee Riviere, Falcon, LDR Hardware asook elke ander anonieme borg wat die kampioenskappe vir hulle moontlik gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button