Hard newsLocal newsNews

Nkomazi Munisipaliteit nog onseker oor toekoms van die plaaslike karavaanpark

Die inwoners is bekommerd oor die toekoms van die plaaslike karavaanpark. Die voormalige bestuursraad het reeds teen die einde van Augustus bedank.

KOMATIPOORT – Die inwoners is bekommerd oor die toekoms van die plaaslike karavaanpark. Die voormalige bestuursraad het reeds teen die einde van Augustus bedank. Daar is betyds kennis gegee sodat die munisipaliteit ander reëlings kon tref. Sedertdien is die hekke gesluit en niemand het toegang tot die geriewe nie. Daar is baie navrae by die grenspos om by die park te oornag en die swembad te gebruik. Dit blyk dat daar mense op die perseel bly, maar die hekke bly gesluit sonder enige kennisgewing.

Corridor Gazette het vasgestel dat Nkomazi Munisipaliteit in Malalane dit nou beheer. Die hoof van toerisme, mnr. Sipho Mkhatshwa het gesê dat daar nog ‘n besluit geneem gaan word oor die toekoms daarvan. Hy is ook nie bewus van enigiemand wat in die huis woon nie en het gesê dat hulle gereeld mense soontoe stuur om inspeksie te hou. Voorstelle rakende die karavaanpark kan by die Malalane-kantore vir oorweging ingedien word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button