Hard newsLocal newsNews

Herstel na motorfietsongeluk ‘n “wonderwerk”

Twee jongmans wat 'n week gelede in 'n ernstige motorfietsongeluk op die hoeke van Generaal Dan Pienaar- en Boschstrate was, sterk goed in Mediclinic Nelspruit aan. Hulle ouers beskryf hul herstel as 'n wonderwerk.

NELSPRUIT – Mnr. Dean Brueton (21) het die motorfiets bestuur en mnr. Martin Swanepoel (20) was sy passasier. Hulle was verlede Donderdag omstreeks 23:00 op pad huis toe van ‘n aksie-krieketoefening toe hulle teen ‘n Corsa-bakkie gebots het.

‘n Vriend wat agter hulle gery het, het op die toneel afgekom en dadelik hulp ontbied. Beide het ernstige beserings opgedoen. Swanepoel se ouers het ook na die toneel gehaas. “Toe ons daar aankom het my seun langs die pad met ‘n gebarste oordrom gelê,” het sy ma, me. Annelie Ueckermann vertel.

Daar was onsekerheid of Brueton ‘n mediese fonds het en daarom is hy eers na Rob Ferreira Hospitaal geneem, maar is later na Mediclinic verskuif. Volgens Breuton se ma, me. Rentia Brueton, sterk die twee goed aan. Hulle het beide bloeding en swelling op die brein gehad en is in die intensiewesorgeenheid behandel. Hulle het teen Sondag reeds merkwaardig verbetering getoon en Brueton is dieselfde dag van die ventilator afgehaal waarna Swanepoel die volgende dag.

“Ons is net so dankbaar dat hulle lewe en vir die behulpsaamheid van die personeel en dokters by Mediclinic,” het me. Brueton afgesluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button