Forum kikker tuiste se tuin met ‘n boom op
Behalwe om bome te plant, bied dit Suid-Afrikaners ook die geleentheid om oor die belangrikheid en rol van bome in die lewensiklus te besin en hul estiese waarde op feestelike wyse te geniet.
LYDENBURG – AfriForum het op 1 September saam met duisende Suid-Afrikaners Boomplantdag gevier en ook hier op plaaslike bodem is ‘n groen spoor gelos.
Wenakker, ‘n tuiste vir gestremde persone in Lydenburg, se tuin is opgekikker met ‘n splinternuwe laventelboom by die hoësorgafdeling. “Dié inisiatief is deel van AfriForum se groen erfenis,” het mnr. Leon de Jager, voorsitter van AfriForum Lydenburg, vertel en weer die belangrikheid van ‘n groen fokus beklemtoon.
Boomplantdag vorm deel van Boomplantweek in Suid-Afrika. Behalwe om bome te plant, bied dit Suid-Afrikaners ook die geleentheid om oor die belangrikheid en rol van bome in die lewensiklus te besin en hul estiese waarde op feestelike wyse te geniet.
Wenakker het AfriForum bedank vir hul bydrae.
