Local newsNews

Blink toekoms wink vir talentvolle Nellie

MBOMBELA - Wie sou kon raai dat 'n tiener wat volgende jaar eers 'n loopbaan moet begin, reeds in haar matriekjaar vir 'n verhoogproduksie én 'n rolprent verkies sou word?

Die talentvolle en skone Kristen Raath (18) wat nog hoë hoogtes gaan bereik, kan eersdaags in die tienerrolprent, #Scars te sien wees.

Vroeër vanjaar het sy die hoofrol in die uiters suksesvolle, Reik na die Sterre saam met die hartebreker, Willem Botha, gespeel. Alhoewel sy nog wiskunde, wetenskap en biologie op haar spyskaart as matriekleerder van Hoërskool Nelspruit het, kan sy nie wag om met dié rolprent te begin nie. “Ek het oor dié dag gedroom en ek het geweet dat ek dit eendag gaan bereik, maar ek het nooit in my wildste drome geweet dat dit so vinnig gaan gebeur nie.” Sy het nie eens vir ‘n oudisie gegaan nie.

Die voorflitse van die prent is reeds in 2013 gedoen en Kristen het al die eerste konsep reeds deurgewerk. “Die verloop van die storie het sedertdien baie verander en ek moet self sê dat dit van Amerikaanse gehalte is. Dit mag dalk nie almal se smaak wees nie, maar dit gaan ‘n hele paar kykers verras.”

In 2015 sal FAD Creations met die verfilming van die tiener-avontuurfilm, met interessante naelbytkinkels en geheimenisse, begin.

“Ek speel Chloe, ‘n 15-jarige dogter wat as gevolg van my superkrag enige negatiewe situasies kan ontlont, enige aggressie kan bind en dit kan verplaas.”

Die foto’s vir die plakkate is onlangs in Pretoria geskiet.

In haar vrye tyd gaan sy drama- en dansklasse neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button