Hard newsLocal newsNewsUpdate

Kruger se lot steeds onbeslis

Me. Martie Kruger sal nog langer moet wag vir haar saak om aangehoor te word. Sy is vroeër vanjaar vir die skietdood van haar man, mnr. Hennie Kruger, aangekla.

MALALANE – Me. Martie Kruger (47) sal nog langer moet wag vir haar saak om aangehoor te word. Sy is vroeër vanjaar vir die skietdood van haar man, mnr. Hennie Kruger (50), aangekla.

Die saak is tot 27 Januarie die aanstaande jaar uitgestel en na die Barbertonse streekhof oorgeplaas.

Die voorval het op 12 Mei by die Krugers se huis in Maroelastraat plaasgevind. Polisie, sekuriteitsbeamptes van Hi-Tech, inwoners en werknemers het op die toneel toegesak ná die nuus van mnr. Kruger se dood in die dorp versprei het. Werknemers en me. Kruger se twee seuns het haar tydens haar arrestasie en by die polisiestasie bygestaan. Sy het haar eerste nag in die selle deurgebring.

Me. Kruger was ná die voorval in ‘n toestand. Sy het aan Corridor Gazette gesê dat vuurwapens gevaarlik is en dat ongelukke vinnig gebeur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button