Hard newsLocal newsNews

‘n Gat is mos gemaak vir plante, of is dit?

Die "tuin" se bestaan was egter van korte duur.

WATERVAL BOVEN – Na maande se gesoebat en smeek by die Emakhazeni Munisipaliteit om dienslewering in dié dorp op te skerp, het inwoners nou besluit om op unieke wyse die aandag te probeer trek nadat klagtes vir die soveelste keer op dowe ore geval het.

‘n Tuin is in een van die slaggate in die dorp se hoofstraat geplant om die swak toestand van paaie te beklemtoon.

Dié tuin se bestaan was egter van korte duur.

Volgens mnr Rudolph Pretorius, een van die inwoners, het ‘n trugrawer oomblikke later die “tuin” verwoes.

“Die slaggat is mooi gelyk geskraap, maar wanneer dit eendag met ‘n teerlaag bedek gaan word, sal ons maar moet sien,” het hy geskerts.

Laevelder het vroeër breedvoerig oor dié probleme berig

Lees gerus meer hier:

taps

Sabotage and anarchy killing once-thriving Highveld towns

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button