EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Radio Raps is terug. Check dit uit, okay?
Die skreeusnaakse Radio Raps kom weer hierdie maand in die Laeveld draai.
Radio Raps het by Innibos soveel opslae gemaak, dat hy weens dié gewildheid weer die Laeveld gaan kom besoek. Kom geniet ‘n aand van skaterlag en kwinkslae wanneer Rikus de Beer, oftewel Jonathan, die gehoor met sy Hoëveld-humor vermaak. Hy praat oor alles – van beurtkrag tot Saterdag se nederlaag teen die All Blacks. Hy is op 31 Julie by Hoërskool Rob Ferreira te sien. Kaartjies beloop R50 vir kinders, R100 vir volwassenes en R250 vir die BBP’s wat aandete insluit. Skakel Maryna by 082-430-4721 vir besprekings.
Lees ‘n bietjie meer oor RadioRaps hier: Innibos 2015: Daar vat hy vroumense aan!
