Local newsNews

Eistedfodd 2016 is hier

Nie net spog hulle met die nuwe venue nie, maar aanhangers kan reeds van vroeg af 'n voorsmakie van die aksie op sosiale media geniet.

MBOMBELA – Die inskrywings vir een van die hoogtepunte op die plaaslike kultuurkalender, Eisteddfod 2016 is nou oop en die datums vir elke afdeling is bekend. Dié bekende kompetsie van onder meer musiek, dans en kuns sal vanjaar nie weer by die stadsteater plaasvind nie, maar by AGS Communio se saal en reuse-ouditorium.

Nie net spog hulle met die nuwe venue nie, maar aanhangers kan reeds van vroeg af ‘n voorsmakie van die aksie op sosiale media geniet. ‘n Nuwe toevoeging tot die eistedfodd se bemarking is ‘n Facebook-blad waar deelnemers op die uitkyk vir foto’s en kommentare kan wees namate die byeenkoms vorder. Die voorsitter, Thea Moller sê hulle sien uit na ‘n jaar gepak met vernuwing wat die eisteddfod na ‘n volgende vlak sal neem. “Ons is opgewonde en sien baie daarna uit om weer die gewilde item op Mbombela se kulturele kalender in 2016 aan te bied.”

Hulle moedig belangstellendes en deelnemers aan om so gou as moontlik in te skryf. Die amptelike sluitingsdatum is 6 Mei. Verlede jaar was daar 3 700 inskrywings en was vanaf so ver soos Rustenburg, Lydenburg, Ermelo, Barberton, Komatipoort, en natuurlik Witrivier en Mbombela.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button