Nelspruit Hoër gee MK hulle top 10 met gees
Die Skole Top-10, 'n program op kykNET Musiek, het verlede Maandag Hoërskool Nelspruit besoek om hulle 10 gunstelingmusiekvideo's te kies.

Die program is daarop gemik om skole se musieksmaak, kultuur, kreatiwiteit en natuurlik gees ten toon te stel. NHS se episode van Skole Top-10 word 26 tot 30 Mei op kanaal 146 uitgesaai.
‘n Groep van 10 is gekies waarvan elk ‘n liedjie moes aankondig. Elke groep moes die toneel op ‘n kreatiewe manier voorberei het. Elke graad in die skool was ook verteenwoordig.
NHS se nommer 1-liedjie, was Willem Botha en Kristen Raath se “Reik na die sterre”.
Raath is ‘n oudleerder van NHS wat reeds haar naam op die verhoog gemaak het. Die hele skool was vir dié laaste keuse op die paviljoen verteenwoordig.
Die skoollied is gesing en daarna het NHS ‘n kreet geskreeu.

