Local newsNews

Vlamlelies geniet ‘n leersame oggend saam met skrywer

Skrywer Bets Smith het die VLU se Vlamlelie-lede onlangs met 'n vraag-en-antwoordsessie vermaak.

“Sodoende het ons, omring met boeke, ‘n baie insiggewende blik gekry in die lewe van ‘n suksesvolle skrywer,” het VLU-skakelbeampte, Kato Neveling aan Nelspruit Post gesê.

Lees ook: Gewilde plaaslike VLU-lid word tot nasionale visepresident verkies

Alhoewel Smith in Engels klasgee, skryf sy in Afrikaans – haar moedertaal. Sy skryf graag sprokie-romanse met gelukkige eindes en kan spog dat 25 publikasies in 25 jaar deur haar neergepen is.

Smith kry haar idees uit die alledaagse dinge wat met haar en ander gebeur. Haar karakters is geloofwaardig omdat sy deeglike navorsing doen oor die agtergrond en tyd waarin sy haar roman wil skep.

“Só sorg sy dat haar karakters werklik voorkom, sodat lesers hulleself kan vereenselwig en inleef met die held of heldin se situasie. Dit was voorwaar ‘n baie interessante en leersame oggend,” het Neveling gesê.

Die vroue het hulself verder vermaak deur verskeie ou hoede aan te pas, foto’s te neem en van foeliekuns te leer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button