Local newsNews
VOORSKOU: Wees versigtig wanneer jy dié indringers verwyder
Nie alle gevaarlike diere kan oor een kam geskeer word nie, sê Schmidt. Daar moet onderskei word tussen roofdiere wat sal aanval omdat hulle kos soek, soos krokodille, en diere soos slange wat hulself wil verdedig.

MBOMBELA – Hy is geen kragman of ‘n buitelug Bear Grylls-tipe nie, maar Warren Schmidt weet waarvan hy praat as dit by gevaarlike diere kom.
Dié skugter en vriendelike skrywer, oudjoernalis, eertydse bestuurder van ‘n krokodilplaas en slangkenner se dierepraatjies is deurvleg met ‘n gesonde sin vir humor. Hy praat egter met gesag en deel nie sommer net ‘n klompie bangmaakpraatjies uit nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

