Die Vollie Boys laat kerk se potte behoorlik prut
Deur die fondsinsameling is 102 kaartjies vir lekker etes teen R10 'n bord aan lidmate en die publiek verkoop.
Die geure van nie minder as 12 lekker potte op die kole het Sondag hier in die lug gehang toe die lidmate van die Volle Evangelie Kerk Barberton saamgetrek en ‘n potjiekoskompetisie gehou het.

Die fondsinsameling is gereël deur die Vollie Boys, ‘n mannegroep van die plaaslike gemeente hier in Barberton. Lekker etes teen R10 die bord is daarna aan lidmate en die publliek verkoop. Daar is 102 kaartjies verkoop.

Die hoof-organiseerder van Vollie Boys, Thys Venter het sy waardering uitgespreek vir die suksesvolle bywoning en ondersteuning van die projek.
Die beoordelaars, bestaande uit dr. Karel Hattingh, Rhoda Hattingh en Jason en Shirley Herold, is die moeilike taak opgelê om die algehele wenners – die span van Malinda en Barry Holloway – aan te wys.
