Hard newsLocal newsNews

Groei jou orgideë maklik en doeltreffend met hierdie wenke

Om 'n orgidee jou huis of tuin te laat versier, is veel makliker as wat jy dink as jy hierdie wenke volg.

ALKMAAR – ‘n Vrolike en ontspanne atmosfeer het by Afri Orchids geheers onder die valsdoringbome en mangobome Saterdag toe die jaarlikse Afri Orchids Oktober Ope Dag  aangebied is.

Rina en Hannes Raath
Rina en Hannes Raath

Orgidee-aanhangers het van oral oor gestroom om te kyk na die ryk verskeidenheid van plante in Jolisa en Lourens Grobler se kweekhuise. ‘n Demonstrasie is deur Lourens Grobler gegee oor die kweek van orgideë.

Besoekers het ook heerlik gesels oor die ryke vonds wat die Grobler tydens ‘n uitstappietog op die Longtompas gemaak het om die Laeveld se raarste orgidee te vind.

Jolisa en Lourens het ook wenke soos in hulle pragboek Field Guide to the Orchids of Northern South Africa and Swaziland vervat (R280, uitgegee deur Umdaus Press, 012-991-2988)  met die blomliefhebbers gedeel.

Hulle gee die volgende wenke vir orgideeliefhebbers:
• Moenie plante té nat maak nie. Sit eerder onder die kraan en laat water deur en oor die plant loop.
• Die beste plek in die Laeveld vir ‘n orgidee is in die mik van ‘n tuinboom wat oggendson kry.
• Plant elke drie jaar die plante oor.IMG_3179 (Small)

Ook te koop was ‘n ryke aantal verskillende bromeliads en takbokvarings. Die duurste plant wat verkoop is was wel ‘n takbokvaring, Platycerium yeitchi  en nie ‘n orgidee nie!

Die orgidee wat in die meeste mandjies huistoe gegaan het was die Dendrobium lindleyi. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button