Sesde Gospel Skouspel skenk reusebedrag aan kinders in nood
Die jaar se Local Gospel Skouspel was die grootste een ooit!

WITRIVIER – Die jaarlikse Local Gospel Skouspel het verlede Vrydag by Manna Christian Fellowship sy sesde verjaarsdag gevier.

Dit het begin toe Marinda Toerien, die organiseerder, daarvan gedroom het tydens ‘n vakansie in die Nasionale Krugerwildtuin.
LEES OOK: Gospel Skouspel draws big crowds

Haar inspirasie het gegroei en tans is dié skouspel een van die grootste plaaslike geleenthede vir die Witrivier-gemeenskap.

Dit vorder jaarliks fondse in vir die nie-winsgewende organisasie Children in distress (CID) wat ongeveer 3 200 kinders voed.
LEES OOK: Local Gospel Skouspel dié jaar selfs groter

Hulle het verlede jaar ongeveer R70 000 ingesamel en hierdie jaar het hulle daardie merk oortref met ‘n bruto bedrag van naby R85 000.

Dit was selfs groter en beter as vroeër. Die kunstenaars en tegniese spanne het dit geniet om hul talente vir CID aan te wend.
LEES OOK: Artists unite in praise during gospel show

Alhoewel hierdie geleentheid by Manna Christian Fellowship gehou word, is dit ‘n interkerklike geleentheid.
Hierdie jaar is nege denominasies verteenwoordig.

Elke sanger, musikant en vermaker was plaaslik, en het gratis hard en toegewyd gewerk om die Skouspel die sukses te maak wat dit was.
LEES OOK: Gospel Skouspel gee glorie aan God

“Hierdie is mense uit ons gemeenskap,” verduidelik Toerien. Die orkesleier was die skoolhoof van Accelerated Academy.

Plaaslike prokureur Leon Doyer was die aand se seremoniemeester en selfs Jayden Almirall, ‘n onderwyser van Laerskool Witrivier, was een van die sangers.

Die gehoor is vermaak met gospelmusiek van bekende tot oorspronklike liedere wat deur die kunstenaars self geskryf is.

“Almal wat deelgeneem het, het hope talent en kom uit ons gemeenskap en het gehelp om hierdie jaar se Local Gospel Skouspel die grootste ooit te kon maak,” het Toerien gesê. Sy het almal hartlik bedank wat dit ondersteun het.
LEES OOK: Stunning local voices heard at Gospel Skouspel












