Local newsNews

Ikoon vertel gehoor om vir hulle ‘n hoedjie te kry

MBOMBELA - Die ikoon van komedie, Casper de Vries het sy verskyning die afgelope naweek by Emnotweni gemaak.

MBOMBELA – Casper de Vries het sy nuwe vertoning, Alive & Vrolik op die planke gebring. De Vries het vir die eerste keer in ‘n paar jaar in die Laeveld kom optree, en sy aanhangers het die geleentheid terdeë benut met ‘n stampvol arena.

casper
Foto: Hennie Homann

Die gehoor het aan sy lippe gehang nog voor hy die verhoog betree het, weens sy karakters, Patience en Gizelle, wat op die skerms verskyn het om vir Blertsie op die verhoog welkom te heet. Ander karakters soos Hanno, Oom Kallie en Montel het ook na vore gekom.

hoedjie
Foto: Hennie Homann

Die vertoning het elemente van die verlede, soos die treffer “Groet my” en ‘n voorstelling van die Bee Gees ingesluit. Verder was daar met alledaagse politiek, die ekonomiese klimaat, kuns, en “eerste- wêreld-probleme” soos die Huisgenoot se astrologie-blad en troostante-kolom, gespot.

De Vries het die gehoor deel van sy vertoning gemaak deur met hulle te gesels oor hul sterretekens, hoedjies en selfs ‘n Huisgenoot uitgedeel. Hy het ook genoem dat die land nie geskok moet wees oor alles wat ons politici aan bewind aanvang nie, “Hallo, kyk na sy geskiedenis tot dusver. Het julle regtig gedink hy sal dit nooit doen nie?”

Sy boodskap is vooraf duidelik gemaak deur verwysing na ‘n slagspreuk uit die verlede, “Kry vir jou ‘n f*kken hoedjie”, wat ‘n metafoor is vir die mense om hul lewens agtermekaar te kry en aan te gaan, al gaan dit sleg.

Lees ook: ‘n Rebellie is oppad na teaters landwyd

Lees meer: Casper gesels oor Alive & Vrolik. Luister na volle klankgrepe hier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button