Local newsNews

Musiek is die antwoord, selfs vir viervoetiges

Stoep het 31 Maart 'n fondsinsameling vir die plaaslike DBV gehou. Klante kon geld of kos vir die diere by die ingang as toegang vir die aand skenk.

MBOMBELA – Lez Dart, Martin en Mel Davids en Mr Brightside het deur die loop van die aand opgetree en die gehoor vermaak.

Mr Brightside“Ons is soos diere, ons is mal oor diere, en dié is ‘n geleentheid vir diere – ons hoef niks verder te verduidelik nie,” het die Pappa Drie van Mr Brightside gesê. Al die kunstenaars het gratis opgetree.

Met ‘n gepakte venue het Lez weggetrek met treffers soos “With or without you”.
Martin en Mel het weer gunstelinge soos “Engel”, “Ain’t No Sunshine” en “Midnight Special” uitgehaal.

Mr Brightside skryf hul eie musiek, en het “Bomb City Brawlers” uit volle bors gesing.

DBVSamantha Watt, ‘n vrywilliger van DBV wil die gemeenskap aanmoedig om meer by die vereniging in Mbombela betrokke te raak.

“Ons probeer regtig om diere se lewens te red waar ons kan. Die DBV probeer wilde katte vang, steriliseer en dan weer vry te laat. Ons vra dat mense asseblief hul diere steriliseer. Straatkatte en -honde is en bly steeds ‘n probleem in die dorp.”

Lees ook:

Genadedood vir katte by DBV beloop meer as 50 persent

Ten spyte van die groot groep mense en fantastiese musiek, is daar slegs R820 en ‘n paar sakke kos vir die diere ingesamel.

Was jy daar?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button