Hard newsLocal newsNews

Verlies aan merrie slag vir Kaapsehoop se wilde perde

Die besering aan 'n merrie van Kaapsehoop se trop wilde perde se been was so erg dat die moeilike besluit geneem moes word om haar liewers uit te sit.

KAAPSHOOP – Verskeie dorpenaars het kom help toe nog ‘n stewige, sterk merrie die naweek vir ‘n ernstige wond behandeling moes kry.

Die merrie was bekend as Misty se ma, so genoem na haar vul wat in Oktober in Kaapsehoop se hoofstraat gebore is. Verskeie dorpenaars het  ‘n handjie kom bysit, onder andere mnr. Jan Henning (heel regs) sowel as besoekers soos mnr. Roux Burger (links agter). Charlotte en Willie Kleynhans sowel as Jaco Slabbert (nie op die foto nie) het ook gehelp. Foto’s: Jaco Slabbert.

SIEN hoe Misty se ma se wond versorg word

Sy moes egter later uitgesit word. Haar verlies is ‘n slag vir die trop wilde perde, aangesien die aantal merries tot hingste reeds buite verhouding is – dit ly tot gevegte waarin hingste ernstig beseer word. Met ‘n sensus is daar bevind dat daar onder die ongeveer 200 wilde perde 180 hingste en 20 merries is.

SIEN hoe Misty en haar ma kort na haar geboorte in Oktober 2016 gelyk het

Die feit dat sy dragtig was, het dit nog moeiliker gemaak vir die span wat haar onder leiding van  Reinette van Niekerk van Kaapsehoop Wildeperderedding gaan help het.

Haar besering is tydens Paasnaweek aangemeld. Sy is deurgaans gemonitor want omdat sy dragtig was, kon sy nie sommer voor die voet met ‘n doofpyl geskiet word nie.

LEES meer oor Van Niekerk se vrywilligerswerk met die wilde perde

Dr. Donnie Engelbrecht, veearts van Van Wijkstraat Dierehospitaal is Sondag uitgeroep om te kom help met die versorging van die wond.

Die merrie moes egter uitgesit word nadat ‘n ondersoek van die wond op haar linker agterbeen getoon het dat sy erg ly.

“Dit was nie ‘n maklike besluit nie, maar ons wou haar nie deur onnodige pyn en lyding sit nie,” sê Van Niekerk.

Die oumagrootjie van die trop wat onverwags weer gevul het.

Misty se ma is deel van ‘n trop waar die oumagrootjie verlede week gevul het en reeds weer in seisoen is. Dit veroorsaak dat die hings van die trop redelik daarop gesteld is om sy trop te beveilig en sodoende die perde daarin redelik rondjaag. Misty se ma se been sou nie die jaery kon deurstaan nie.

Dit het eers vir Van Niekerk gelyk of haar been deur ‘n lokstrik gesny is. Engelbrecht het bevind dat dit moontlik deur ‘n draad van ‘n heining veroorsaak is.

SIEN hoe ‘n vorige vul suksesvol gered is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button