Local newsNews

Jong toneelspelers kan beurs by US losslaan

Hoërskool Nelspruit (NHS) se Megan Maree (17) is een van net 80 leerders wat gekeur is om aan die Nasionale Toneelspelkompetisie wat van 11 tot 13 Mei by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou word, deel te neem.

MBOMBELA – Ongeveer 530 hoërskoolleerlinge het aan die uitdunrondes deelgeneem en wat Megan se prestasie méér besonder maak, is dat sy die eerste leeder van NHS is wat tot die kompetisie deurgedring het.

Die uitdunrondes het in Maart by Curro Nelspruit plaasgevind. Deelnemende skole kon net vyf leerders idenitifiseer om op die verhoog te stap.

Lees ook: Kultuurweek by NHS ‘n treffer

kykNET is die hoofborg van die toneelkompetisie. WOW en die Universiteit Stellenbosch Woordfees bied ‘n studiebeurs vir die wenners by Maties aan.

“Sy werk baie hard. Haar monoloog is ‘n stuk uit dr. Pierre-André Viviers se Mallewalis. In haar voordragkonsert, Dans, drugs en dooie poppe, is ‘n mengsel van haar monoloog, prosa en gedig waar sy haar eie beligting en klere moet kies. Ons gaan ook ‘n paar danspassies inwerk,” vertel me. Frances van Niekerk, bekende dramaonderwyser van Mbombela.

Lees ook: Drama kry kleur en vorm in haar ateljee

“Dit neem ‘n tydjie om alles bymekaar te sit. Ek speel die rol van Malie, ‘n kind in ‘n malhuis. Dit is moeilik om die rol te speel. Malie het baie emosionele bagasie wat sy saam met haar dra en dit vereis van my om haar ook innerlik te kan speel,” sê Megan.

Megan het al verskeie dubbele A+-simbole by die eisteddfod behaal en sy was verlede jaar sesde in die nasionale kompetisie.

Hoërskool Nelspruit se Megan Maree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button